Crime Time Met William Feesseisoen Misdaadwenke 2017 12 13.175958
Audio With External Links Item Preview
Share or Embed This Item
- Publication date
- 2017-12-13
- Topics
- Crime time, Crime, Time, Misdaad, Moord, Murder, Roof, Verkragting, Rape, Robbery, Housebreaking, theft, huisbraak, diefstal, burglary, assault, aanranding, sexual, seksueel, motorvoertuig, motor vehicle, stock, stock theft, vee, veediefstal, Commercial Crime, Kommersiele misdaad, voorkoming, prevention, hi-jacking, kaping, challenge
- Language
- Afrikaans
CRIME TIME FEESSEISOEN:
Goeie naand ek Is William Munnik met Crime Time waar ek elke Woensdagaand vir jou `n blik op die kriminele wereld gee. Dit was The Police met Every Breath you take. Dit is amper Kersfees en Nuwe Jaar. Oor minder as 2 weke is dit Kersfees. Ongelooflik maar waar. Dist yd vir familie en lekker kuier. Party gaan weg vir die vakansie en hoekom nie, want die kanse is goed dat jy bonus gekry het by die werk en dat jy hard gewerk het gedurende die jaar en dit verdien om `n blaaskans te neem en jouself en jou familie te bederf. Dit is gewoonlik die tyd wanneer jy die meeste geld by jou het en meer ontspanne is en nie so wakker is oor wat om jou aangaan nie. Dis die ideale tyd vir misdadigers om aktief te wees. Die misdadige jagveld is die tyd van die jaar juis reg. Ek gaan vir die volgende uur met jou praat oor misdaad en hoe om te voorkom dat jy `n slagoffer word. Maar voordat ek daarmee begin, gaan ek gou `n blaaskans vat en luister na Boney M se Ma Baker. Terwyl die snit speel kan jy solank `n koppie koffiemaak en regskyf met `n pen en papier om notas te maak.
Welkom terug ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Misdaad word in Suid-Afrika in verskillende kategoriee opgedeel. Die kategoriee is Kontak misdaad en Kontak Verwante misdaad en Eiendomverwante misdaad en ander Ernstige misdaad en Misdaad wat swaar steun op Polisie aksie en Trio misdade. Ek gaan elke kategorie en subkategorie met jou bespreek. Ek gaan jou nie verveel met statistiek nie, want statistieke kan baie misleidend wees. Soos `n Regter tydens `n vonnisoplegging gese het toe hy `n moordenaar moes vonnis. Die aanklaer het statistieke aangehaal om ter strafverswaring en die Regter het die volgende uitlating gemaak. Hy het gese: “ Statistics is like a woman`s bikini. What it reveals is very important, but what it does not reveal, is of the utmost of importance.” Statistieke gaan dalk net angs en paranoia en rassehaat tot gevolg bring en gaan nie jou lewe red nie. Dit is vir my belangriker dat jy bemagtig word deur te weet hoe die misdade gepleeg word en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.
Ek gaan sommer begin met Kontak misdaad. Kontak misdaad is die misdade wat gepleeg word deur middel van kontak tussen jou en die misdadiger. Misdade in hierdie kategorie is: Moord en Poging tot Moord en Verkragting en poging tot verkragting en Aanranding Gewoon en Aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dan is daar ook Roof verswarend en Poging tot Roof Verswarend en Roof Gewoon en poging tot Roof Gewoon en Seksuele aanranding en ander Seksuele misdade.
Moord is die wederegtelike en opsetlike neem van `n ander persoon se lewe. Moord is een van die ergste misdade wat teen `n persoon gepleeg kan word, maar is nie die mees gevreeste misdaad nie. Ek sal jou op `n latere stadium inlig wat die mees gevreesste misdaad in Suid-Afrika is. Om dit te hoor, gaan jy maar nog moet luister. Moord word ook 9 uit die 10 keer deur iemand gepleeg wie jy goed ken. Sou jou moordenaar gaan 9 uit die 10 keer bekend wees aan jou. Die 1 uit 10 keer, kan jou moordenaar `n bendelid is wie jou dood as deel van `n bende-inlywing gepleeg het. Ek het so 20 jaar terug suksesvol juis so `n moord opgelos. Dit kan ook as gevolg van `n bendeskietery plaasvind.
Verkragting:
Verkragting is die wederegtelike en opsetlike geslagsgemeenskap met `n ander persoon sonder daardie persoon se toestemming. Hierby word bedoel dat penetrasie moes plaasgevind het. Dit spesifiseer nie wat so `n voorwerp kan wees nie, so dit kan letterlik penetrasie met enige voorwerp wees. Dit beteken ook nou dat nie net vrouens verkrag kan word nie, maar mans ook en dat mans ook nou deur vrouens verkrag kan word. Juis so `n voorval het 3 dae gelede in Polokwane plaasgevind toe `n 25 jarige man deur 2 vrouens verkrag is. Baie keer is die verkragter ook bekend aan jou.
Aanranding Gewoon:
Aanranding Gewoon is die normale kaalvuis bakleiery tussen twee of meer mense. Die dreigement van geweld kan ook geag word as Aanranding gewoon, mits die slagoffer werklik sal glo dat die misdadiger die dreigement sal uitvoer. Dus as jy vir iemand se dat jy hom of haar gaan slaan of klap en daardie persoon kan bewys dat hy geglo het dat jy hom sou slaan, kan jy skuldig bevind word aan Aanranding gewoon. Hierdie tipe misdaad vier gewoonlik hoogty wanneer alkohol misbruik word. Die wyn vertel mos vir jou dat jy sterk is en dan wil jy mos baklei.
Aanranding met die doel om ernstig te beseer:
Aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanranding waarvan die beserings van so `n aard is dat jy sou kon doodgaan as gevolg van die beserings. Hierdie misdaad is gewoonlik ook die misdaad wat aanleiding gee tot die moordsyfer van ons land, want baie moorde in ons land is eintlik Aanrandings met die doel om ernstig te beseer met komplikasies. Dit is wanneer mense baklei en byvoorbeeld mes steek en dan steek jy per ongeluk `n hoof slagaar raak of steek die persoon in die hart. Enigiemand kan regtig die misdadiger wees by hierdie misdaad.
Roof verswarend:
Roof verswarend is die wederegtelike en opsetlike neem van `n persoon se roerende bates met die opset om dit permanent te ontneem deur middel van geweld deur `n wapen te gebruik. Die wapen kan `n voorwerp soos `n mes wees. Dit kan egter nie `n vuurwapen wees nie, want dan is dit gewapende roof.
Roof gewoon:
Roof gewoon is die wederegtelike en opsetlike neem van `n persoon se roerende bates met die opset om dit permanent te ontneem deur middel van geweld. Die misdaad kom ter sprake wanneer `n Misdadiger byvoorbeeld jou handsak sal gryp en jy bied weerstand. Dit kan gevaarlik wees om dit te doen aangesien die booswig jou dalk kan seermaak om die handsak te kry, maar dis `n natuurlike reaksie van `n mens om jou goedere te beskerm, so om weerstand te bied sal `n natuurlike reaksie wees.
Seksuele aanranding:
Seksuele Aanranding is anders as verkragting. By verkragting moet daar fisiese penetrasie van `n liggaamsdeel of voorwerp plaasvind. By seksuele aanranding is die penetrasie element afwesig, soos byvoorbeeld as `n man sonder `n vrou se toestemming daadwerklik en opsetlik aan haar borste of privaatdele sou vat of `n man of vrou sou vasdruk en soen sonder sy of haar toestemming. Hierdie misdaad word dan ook in dieselfde ernstigheidsgraad as verkragting gesien.
Ander seksuele misdrywe is `n kategorie waar seksuele misdrywe soos seksuele teistering en bloedskande tuishoort. Jou statutere seksuele misdrywe word ook hieronder geklassifiseer. Gewoonlik is die misdadiger hier ook bekend aan die slagoffer.
Kontakverwante misdade:
Dit is misdade soos brandstigting en Opsetlike Saakbeskadiging. Die benaming spreekook hier vanself om die misdade te identifiseer. Hierdie misdade word baie keer uit wraak teenoor die slagoffer gepleeg.
Hoe voorkom jy dat jy `n slagoffer raak van kontakmisdade en konakverwante misdade?
1. As jy besluit om uit te gaan, beweeg in groepe. Gaan ook saam met daardie groep huis toe.
2. Moenie sterk drank gebruik en dronk raak en dan vra vir `n geleentheid huis toe nie of erger nog, alleen probeer huis toe stap nie.
3. Sorg dat jou huismense of familie weet waarheen jy gaan en hoe laat jy terug sal wees.
4. Moenie onnodige konfrontasie uitlok nie. Ek weet dis maar moeilik veral na `n paar drankies, maar hierdie gebruik kan jou lewe red.
5. Moenie jou drankie oop op die tafel los en dan gaan dans of met vriende `n geselsie aanknoop, net om later terug te kom en verder te drink aan jou drankie nie. Jy weet nie wie `n dwelmmiddel in jou drank kon gegooi het nie. In `n bedwelmde toestand, kan jy nie jouself beskerm teen bv verkragting of seksuele aanranding nie. Jy ka nook baie keer nie die volgende dag onthou wat gebeur het nie. Die middles wat gebruik word om die drankies te dokter is nie eers `n dwelmmiddel nie en jy kan dit vrylik in meeste winkels koop sonder `n voorskrif. Ek gaan egter nie bekend maak wat hierdie middel is nie vir voor-die-handliggende redes. Die middel gemeng met drank het `n bedwelmende effek op jou en jy het die volgende dag geheueverlies oor wat gebeur het. Ek het eerstehandse ondervinding hiervan toe `n kroegman my en `n vriend se drank so gedokter het sodat hulle ons oor die hande kon slaan in `n veerpyltjiespel vir geld. Gelukkig het ek baie gou agtergekom daar is iets fout en ek en my vriend kon ontsnap. Ek sal nooit vergeet hoe siek ek vir die volgende paar dae gevoel het nie.
6. Ken jou vriende en maak seker dat jy hulle kan vertrou.
7. Skryf in en neem selfverdedigingsklasse. Dit kan jou lewe red. Ek gee graag gratis selfverdedigingsklasse in my area en een van my vroulike student het my die een dag kom bedank en het aan my gese dat as sy nie geweet het en geoefen het wat ek haar geleer het nie, sou sy `n slagoffer van verkragting gewees het.
Voordat ek gaan oorgaan na Eiendomsverwante misdade gaan ek vir jou vir Bok van Blerk se Tyd om te trek.
Welkom terug. Jy kuier by William op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Jy het geluister na Bok van Blerk met Tyd om te trek. Dis nie nodig om te trek nie. Ek gaan vir jou werkbare wenke gee om die misdaad in ons land te verminder en onthou dit maak nie saak waar in die wereld jy heen trek nie, daar sal altyd misdaad wees waar jy ookal heen mag gaan. Ek het nou voor die musiekbreek aan jou verduidelik wat Kontak misdade en Kontakverwante misdade is. Ek gaan nou voort met eiendomsmisdade. Eiendomsmisdade is soos die naam se, misdade waar jou eiendom betrokke is. Dit sluit misdade in soos Huisbraak en diefstal by wonings en besigehede en Diefstal van motorvoertuig en Diefstal uit of vanaf motorvoertuig en veediefstal. Dit sluit ook alle pogings tot die pleging van hierdie misdade in.
Huisbraak en diefstal by wonings en besighede:
Huisbraak is die wederegtelike en opsetlike verwydering van `n voorwerp soos `n deur of `n venster om toegang te kry tot `n gebou wat gebruik word vir menslike bewoning of berging. Diefstal is die wederegtelike en opsetlike neem van `n persoon se roerende bates met die doel om dit permanent te ontneem. Huisbraak kan nie alleen staan as `n klagte of misdaad nie. Daar moet `n rede wees vir die huisbraak, soos byvoorbeeld diefstal of om moord te pleeg om te verkrag ens. Interessant genoeg is daar `n meningspeiling gedoen deur Suid-Afrika en die vraag: “ Watter misdaad word die meeste gevrees deur Suid-Afrikaanse burgers?“ is aan die publiek gevra. Die oorgrote meerderheid het gese dat hulle huisbraak die meeste vrees. Dis te verstane, want `n ongenooide persoon kom jou privaat huis binne en skend jou privaatheid. Ek was self al `n slagoffer van Huisbraak en diefstal en glo my dit het my maar bra warm om my boordjie gelaat.
Diestal van motorvoertuig:
Diefstal van motorvoertuig is `n ernstige klagte en sy omskrywing is voor die handliggend. Dit basies dat jy die voertuig onwettig in besit het. Hierdie is `n misdaad wat nogal toegeneem het in die laaste paar jaar in Suid-Afrika. Groot sindikate is ook hier betrokke en meeste van die voertuie word Zimbabwe en Namibie toe ens gesmokkel.
Diefstal uit of vanaf motorvoertuig:
Die benaming van die misdade, omskryf ook sommer die misfdade. Hier is ook `n mate van geweld betrokke, want die voertuig word gewoonlik beskadig om uit te kom by wat hulle wou steel. Dis ook nie lekker om die oggend by jou voertuig te kom, net om uit te vind die voertuig het nie wiele aan nie, want iemand het besluit om die wiele vir homself te vat nie.
Veediefstal:
Veediefstal is die diefstal van vee en het ook toegeneem in die plattelandse dorpies. Die mense wie ook so die Telkom en Eskom drade steel vir die koper, se dat as hierdie booswigte nie kan koperdraad in die hande kry om te steel nie, sal hulle sommer vee steel.
Ander Ernstige misdaad:
Onder hierdie kategorie kry jy misdade soos: Ander Diefstal, Kommersiele misdaad ( bedrog} en diefstal uit winkel.
Ander Diefstal:
Hieronder resorteer enige vorm van diefstal wat nie hier bo gedek is nie.
Kommersiele misdaad:
Hier is waar die korruptes hulle tande slyp om hulle hande op `n slingse manier op jou geld te sit. Hier word byvoorbeeld bedrog van duisende en miljoene rande geplaas. Hier is ook bendes betrokke.
Winkeldiefstal:
Hierdie misdaad het niks te doen met `n winkel wat gesteel word nie, maar met `n winkel wat besteel word nie. Dis beter bekend as “Shoplifting”.
Hoe om te voorkom dat jy `n slagoffer raak:
1. Die belangrikste een van almal dink ek is om vrede te maak met jou bure. As jy in kwaai vriendskap saamleef, maak dit reg sodat jy mekaar se huise kan oppas as jy of jou buurman nie tuis is nie.
2. As jy vir `n lang tyd van jou huis gaan af weg wees, vra jou buurman of iemand wie jy kan vertrou om die pos uit jou posbus te haal sodat die kriminele nie kan sien hoe die pos in die posbus ophoop nie.
3. Laat hierdie buurman of vertroueling jou huis se ligte aan en af sit saans sodat dit lyk asof daar mense tuis is. `n TV wat speel is ook `n goeie manier om met hulle te kommunikeer.
4. Moenie `n roetine he nie. Moenie elke dag op dieselfde tyd jou huis verlaat en met dieselfde pad werk toe of skool toe ry nie. Wissel die vertrektye en roetes af. Die kriminele hou jou dop en bestudeer jou bewegings.
5. Wees bewus van jou omgewing rondom jou.
6. Vra jou baas of jy tydens breuke gou `n draai huis toe kan ry op ongereelde ure sodat jy die kriminele kan laat raai oor wanneer jy tuis sal wees.
7. Sluit aan by `n buurtwag of stig een.
8. Moenie dat onbekende mense jou help by `n OTM nie. Hulle kan jou kaart binne sekondes kloon en later leeg trek of aankope doen.
9. Moenie waardevolle artikels soos laptops en selfone en tablets en handsakke of inkopies op motors se sitplekke los nie. Sit dit in die kattebak. Onthou as `n skollie dit nie kan sien nie, kan hy dit nie steel nie.
10. Maak seker jou motor se deure is almal gesluit deur aan hulle almal te voel voor jy die winkelsentrum ingaan. Die booswigte is nie tegnologies gestremd nie en het toestelle wat die sein van jou sleutel na jou motor se slotte blokkeer en dan sluit jou voertuig nie en kan hy kies by watter deur hy wil inklim.
Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Selena Gomez en Marshmellow Wolves en Karlien van Jaarsveldt met Hande.
Welkom terug ek is William met Crime Time waar ek jou elke Woensdagaand om 18:00 `n blik op die misdaadwereld gee. Ek bespreek vanaand met jou die misdaadkategoriee en hoe jy kan voorkom dat jy `n slagoffer raak.
Ek gaan verder met `n tammeletjie van `n kategorie en dis die een wat afhang van polisie-aksie. Hier kry jy misdade soos: Onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, dwelmverwante misdaad, Dronkbestuur en verkoop van sterk drank sonder `n lisensie. Dit is `n tammeletjie omdat hierdie kategorie gebruik word om te kyk of die polisiemanne hulle werk daar buite doen. Daar word vertel dat as jy jou Dronkies en jou Oproerige persone arrsteer, jy kontakmisdade afbring en dat as jy dwelms aanspreek, jy eiendomsmisdaad aanspreek en afbring. Daar is meriete vir hierdie redenasie, maar arrestasies is nie noodwendig die beste voorkomingsmaatreel nie.
Trio misdade:
Trio misdade is `n subkategorie van Roof verswarend. Hierdie kategorie sluit misdade in soos: Motorkapings, Vragmotorkapings, Cash in transit rowe, Bankrowe, Besigheidsrowe en huisrowe.
Motorkapings en Vragmotorkapings en Cash in Transit robberies :
`n Motorkaping is waar jy met geweld van jou motor vervreem word. gewoonlik word vuurwapens by motor kapings.
Voorkoming:
1. Moenie `n roetine he nie.
2. Wees bewus van jou omgewing.
3. Moenie teen die agterkant van die voorste voertuig staan in die verkeer nie sodat jy kan wegjaag as iets nie lekker lyk nie.
4. Moenie `n held wees nie. Jy kan jou kar vervang, maar nie `n lewe nie.
Bankroof, Huisroof en besigheidsroof:
Bankroof:
Bankrowe kom nie meer so baie voor nie aangesien die sekuriteit van die banke redelik opgeskerp is.
Huisroof en Besigheidsroof is aan die toeneem in ons land. Huisroof en besigheidsroof is wanneer daar met geweld by jou woning en besigheid toegang verkry word, terwyl die mense by die huis of in die besigheid is. Baie plaasaanvalle is huisrowe. Ek dink dit moet `n verskriklike ervaring wees, want `n mens kan altyd jou besittings vervang, maar `n lewe of `n familielid wat verkrag of vermink is, kan nie so maklik herstel word nie.
Voorkoming:
1. Moenie groot bedrae geld op jou persoon dra nie.
2. Jy moet baie wispelturig wees oor jou roete wat jy gaan ry.
3. Moenie teesribbel met die misdadigers nie.
4. Bring paniekknoppies in jou huis en besigheid aan.
5. Moenie groot bedrae geld by jou huis of besigheid aanhou nie.
6. Bring `n paniekkamer in jou huis aan.
7. Oefen drills vir as so iets gebeur.
Sjoe na daardie mondvol, gaan ek vir jou vir Juanita Du Plessis met Jou skaduwee en Timo ODV met
Welkom terug jy kuier hier by my William op Crime Time waar ek jou elke week `n kyke op die misdadiger se wereld gee. Jy het geluister na Skaduwee van Juanita Du Plessis en Selena Gomez met Marshmello wolves.
Voor ek afsluit gaan ek jou eers uitdaag. Jy weet hoe skuldig en ongemaklik `n polisieman of verkeersman jou kan laat voel as hy jou in die pad stop. Nou gaan ek jou uitdaag om `n polisieman of verkeersman ongemaklik te laat voel. Wat jy doen is die volgende: Wanneer jy weer `n polisiebeampte of verkeersman sien, stop hom of haar en se aan hom of haar baie dankie vir die diens wat sy of hy lewer en kyk hoe ongemaklik voel hy. As jy `n videogreep daarvan kan neem, pos dit op Netradiosa se Facebook blad en Tag my soda tons almal kan sien hoe ongemaklik `n polisieman kan raak. Hulle lewer goeie diens en hoor nooit `n dankie nie. Onthou dit is daardie polisieman wie saans en in die dag en in die wind en reen en sonskyn sy lewe op die spel plaas sodat jy kan veiliger wees. `n Dankie kos niks, maar beteken so baie. So ek daag jou uit of jy genoeg inbors het om `n dankie aan `n onbaatsugtige landsburger te gee. Se net dankie. Dis al.
Ek gaan op daardie noot afsluit en se geniet die Kersseisoen. Bly veilig en bly aan die regte kant van die Gereg. Moenie drink en bestuur nie. Jy vernietig nie net jou lewe nie, maar ander mense s`n ook. Hou by die spoedbeperkings. Onthou om Saterdagoggend om 08:00 saam te kuier sodat ek jou kan help om jou naweek te beplan in Wat Nou? Dan sien ons mekaar weer volgende week op dieselfde plek en dieselfde tyd vir nog `n blik op die misdaadwereld in Crime Time. Tot siens en kyk na mekaar en pas jouself op tot volgende keer. Ek gaan uitspeel met Despacito van Luis Fonsi.
- Addeddate
- 2017-12-13 17:22:20
- Identifier
- CrimeTimeMetWilliamFeesseisoenMisdaadwenke20171213.175958
- Scanner
- Internet Archive HTML5 Uploader 1.6.3
comment
Reviews
36 Views
DOWNLOAD OPTIONS
IN COLLECTIONS
Community Audio Community CollectionsUploaded by Dredd455 on